Semiotics Communication Afrikaans Online Banking Translation Studies Communication & Media Studies

Afrikaans

Ek is aktief betrokke by die Afrikaans.be projek, en ook redakteur van die Afrikaanse digitale tydskrif De Rijger. Op hierdie bladsy versamel ek taalkundige en kulturele inligting oor of in Afrikaans. Sien ook my artikel, Bande Dessinée: die strip in Afrikaans as literatuurvorm.

Insigte oor die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls [2002-12-13] - 'n Uitstekende webwerf om die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls aan te vul. Nie geaffilieer met die uitgewers nie, maar 'n wonderlike hulpmiddel vir taalpraktisyns. - www.geocities.com

Strokiesprente in Afrikaans [2002-11-25] - Danksy 'n groepie innoveerders uit Stellenbosch het die Afrikaanse strokiesprent sy regmatige plek in Afrikaanse letterkunde verwerf. Lees hierdie artikel oor die skeppers van Bitterkomix. - www.mweb.co.za

Afrikaanse dingbats [2002-11-25] - Hier vind jy allerhande nuwe simbole en tekens (fonts) wat ook afgelaai kan word. Dit wissel van rotstekeninge tot feëtjies. Gaan kyk gerus. - sulucasfonts.virafrikaans.com

Johan Allers In Nederland [2002-11-25] - Die bekende joernalis wat al jare lank in Nederland woon, gee ons 'n kykie in wat hy doen vir en met Afrikaans en allerhande ander interessante dinge. - www.xs4all.nl

Pretfeite [2002-08-06] - Vir diegene wat met 'n mond vol tande staan by 'n partytjie of ete, is hierdie webblad die antwoord. Pretfeite en totaal nutteloos, maar grappig wat jou belese en slim sal laat klink. - www.didyouknow.cd

Storiewerf [2002-08-03] - Storiewerf is 'n toeganklike webtuiste vir almal (groot en klein) wat belangstel in pragtige Afrikaanse kinderverhale. - www.storiewerf.co.za

Afrikaans 24 [2002-08-03] - Naspers se Afrikaanse portaal bevat nuus en items van algemene belang uit hul verskillende Afrikaanse koerante en tydskrifte. Waarskuwing: die HTML is sleg gevorm, en werk nie behoorlik in nie-Microsoft sagteware nie. - www.afrikaans24.com

Mail me at i@ilze.org